Ek, Ouer is ’n eerlike, skerp en humoristiese eenvrouvertoning wat die moderne realiteit van enkelouerskap wys. Die storie volg Roné (Willa van Schalkwyk), ’n sosiale antropoloog wat onverwags enkel ouer word van haar haar kletsende kleuter en al sy kwale.
Van Mom-fluencers en Coco Pops tot Collagen Lollies en die Durbanville mamma-subkultuur. Roné neem “veldnotas” oor alles om haar. En wat begin as akademiese waarneming, word gou ’n verskuilde vorm van oordeel… en oorlewing.
Met sketsagtige toneelspel en vinnige karakterwisselings word die gehoor ingenooi in Roné se wêreld, waar humor en hartseer voortdurend hande vat.
Ek, Ouer bied ’n rou, snaakse en diep menslike blik op verlies, identiteit en die onvoorspelbare reis van ouer wees. Mammas, pappas en voogde sal die toneelstuk uiters geniet.

